Irannese volke | |
---|---|
Totale bevolking: | 210–235 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Hoofsaaklik in Iran, Suid-Ossetië (de facto), Afghanistan, Turkye, Tadjikistan, Irak, Sirië, Pakistan asook in Georgië, Rusland, Azerbeidjan, Bahrein, Oman, Koeweit, Oesbekistan, Turkmenistan, Hongarye, Kasakstan, Armenië, Israel, Volksrepubliek China (Xinjiang), Verenigde Koninkryk, Frankryk, Nederland, Swede, Indië, Duitsland, Meksiko, Argentinië, Brasilië, Kanada en die Verenigde State |
Taal: | Irannese tale soos Beloetsji, Koerdies, Osseties, Pasjtoe, Persies en Tadjiks |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam (insluitende Soefisme, Sjiitiese Islam, ongebonde, Agnostisisme, Christendom (Oosters-Ortodokse Kerk, Protestantisme en Rooms-Katolieke Kerk), Ateïsme, Zoroastrisme, Judaïsme, Baha’i, Paganisme, Jesiede |
Verwante etniese groepe: | Etniese groepe soos Beloetsje, Hasara, Jesiede, Koerde, Ossetiërs, Pasjtoene, Perse en Tadjiks |
Die Irannese volke is 'n Indo-Europese etnolinguistiese groep wat die sprekers van die Irannese tale behels.[1] Hulle is inheems aan die Irannese hoogland tussen die Eufraat-Tigrisrivier in die weste, die Kaukasus in die noordweste, die Kaspiese See en Sentraal-Asië in die noorde, die Indus in die ooste en die Persiese Golf in die suide met lande soos Iran, Afghanistan, Pakistan en Tadjikistan. Die verspreiding van beide die Irannese volke en Irannese tale het met die uitbreiding van die Persiese Ryk gepaard gegaan.
Die grootste etniese groepe (volgens bevolking) is: Perse (90 miljoen), Pasjtoene (49 miljoen), Koerde (30–32 miljoen), Tadjiks (16–20 miljoen), Beloetsje (10 miljoen) en Hasara (7–8 miljoen). Hulle praat Irannese tale soos Persies (57 miljoen), Pasjtoe (ca. 50 miljoen), Koerdies (30 miljoen), Dari (ca. 12,5 miljoen), Tadjiks (ca. 8 miljoen), Beloetsji (5 miljoen) of Zazaki (2–4 miljoen) as moedertaal.